ATLETIEK / ATLETICS 09
Posted by chrisbester on February 16, 2009
Atletiek 2009
Ons atletiek seisoen het reeds in 2008 begin met afrigters wat op ʼn intensiewe kursus gegaan het onder andere Mnr Luan van Staden vir spiesgooi en Mev Christine Harries vir hoogspring.
ʼn Opwindende kleursport byeenkoms is reeds in die tweede week van die jaar afgehandel by die skool wat baie positiewe kommentaar gelewer het.
By die sone byeenkoms neem ± 80 leerlinge aan deel en presteer besonder goed. Teen hierdie tyd van die seisoen is die Noord Vrystaat byeenkoms afgehandel en ons behaal die volgende prestasies: Medaljes
Goud – 4
Silwer – 12
Brons – 1
Twaalf leerlinge dring deur na die Vrystaat byeenkoms wat plaasvind op die 28ste Februarie by die DP de Villiers Stadion en verdien so Noord Vrystaat kleure.

Back: Dean Haasbroek, Pieter Christiaan Coetzer, Hendric Lukas, Jurgie Wessels, Joel Mbisha, Richo van Wyk
Middle: Tebogo Makau, Ané McLean, Mari Mouton, Mantabaleng Mogapi, Thato Makau, Lesego Maile
Front: Thato Thubela, Bokang Potsane, Joviale Mbisha, Tsebo Motaung, Tebello Thulo, Jordan Mbisha

Back: Richo van Wyk, Dean Haasbroek, Pieter Christiaan Coetzer, Hendrico Lukas, Joel Mbisha, Lesego Maile
Front: Thato Thubela, Bokang Potsane, Tebogo Makau, Joviale Mbisha, Tsebo Motaung, Jordan Mbisha
