TINKTINKIEDAG 2009
Posted by chrisbester on May 30, 2009
Tinktinkiedag 2009
Die dag het op ‘n hoë noot afgeskop met die Gr R leerders wat vir die eerste keer netbal en rugby gespeel het. Die koue het geen demper geplaas op hierdie sportsterre se entoesiasme nie. Die 0/7 en 0/8 Mini-netbalspelers en 0/7 Mini-rugbyspelers het die dag geniet en gewys waar hul talente lê.
Die doel van die dag is om die jong spelers d.m.v. vriendskaplike kompetisie aan die sport bloot te stel, die ouers van die spelers beter te leer ken en die spelers se talente te ontwikkel sonder om onnodige druk op hulle te plaas.
Daar was ongeveer 420 netbal- en rugbyspelers van 10 verskillende skole in en rondom Sasolburg. Almal het die dag saam geniet en ‘n gesellige atmosfeer het die dag geheers.




