LEIERS 2011 LEADERS
Posted by chrisbester on February 21, 2011
This slideshow requires JavaScript.
Moolmanshoek is ‘n pragtige Oos-Vrystaatse plaas met die kenmerkende ligte geel sandsteenformasies. Die komplimenterende groen omgewing voer ‘n mens weg van die stadsgejaag na rustigheid. Die plaas het uitstekende geriewe en profesionele aanbieders om van spanbou kampe ‘n groot moet te maak. Dit was ook die ervaring van Noordskool se prefekte gedurende hulle naweekkamp in die natuur. Verskeie uitdagings word aan die leiertjies gestel. Die voltooiing van ‘n hoë lyn rondtebaan het beslis die grootste uitdagings gestel. Durf, moed en vertroue in die aanbieders is beslis die wenresep. Die klim van die hoë leer tot bo ‘n kransrand en dan die abseil tot onder was werklik ‘n vasbyt ervaring. Die droom ervaring sal altyd by die leerders bly.
Advertisement