Posted by chrisbester on December 4, 2008
North School Cares
North School Cares as a concept began in 2004. In the last half of this year we targeted six organizations. Through your generosity we have brought a measure of relief and joy to other peoples’ lives.
Thank you!
“We make a living by what we get but we make a life of what we give”

Posted in Education, Liefdadigheid/Charity, Noordskool Nuus || North School News | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on November 30, 2008

(Foto – Sasolburg STER)
Danksy Noordskool het Saoslburg-kliniek ‘n metamorfose ondergaan.
Verskeie instansies, Noordskool en die gemeenskap het ‘n bydrae gelewer tot die verandering van Sasolburg-kliniek by die Metsimaholo-munisipaliteit se burgersentrum.
Die ouer- onderwyservereniging van Noordskool het ‘n gemeenskapsprojek begin en het op dié kliniek besluit.
Hierdie kliniek behoort aan die staat. Daar was ‘n besliste behoefte vir ekstra mediese toerusting, omdat ‘n gemiddeld van 2 500 pasiënte hier mediese hulp ontvang.
Toerusting soos voetskale, stetoskope en bloeddrukmeters is aangekoop. Gedurende hierdie tydperk is nuwe gordyne vir elke vertrek aangeskaf. Die mure is ook uitgeverf, nuwe leêrs is aangekoop en oorgetrek en die kliniek se liaseerstelsel is opgegradeer.
Die ouervereniging het die kliniek skoongemaak, reggepak en nuwe linne aangekoop. Die doel van hierdie projek is om ‘n netjiese, ontspanne atmosfeer vir die siek pasiënte in die wagkamer te skep, en sodat die personeel trots kan wees op die kliniek.
Noordskool bedank elke instansie en elke individu wat ‘n veskil gemaak het.


Posted in Liefdadigheid/Charity, PTA/OOV, achievment | Tagged: achievement, Education, excellence, Happenings, pride | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on May 28, 2007
Briewe aan Ouers / Letters to Parents
28 Mei 2007 / 28 May 2007
Geagte Ouers
Ondersteuningsfonds
Metsimaholo Gemeenskapkas het besonderse waardering vir Noordskool se deurlopende bydrae. Baie dankie aan al die ouers vir u ruimhartige skenkings.Die skool is ook deeglik bewus dat hulp en ondersteuning nodig is aan sy eie leerders. Die skool se Ondersteuningspan identifiseer hulpbehoewende gevalle. Die onderwyserspan nader die skool om finansiële hulp om hulle sodoende instaat te stel om professionele kundiges te kry en dan die bepaalde behoeftes aan te spreek. Dit is veral gesig- en gehoordefekte wat dringende aandag vereis. Geld word vanuit ‘n ondersteuningsfonds verkry. Huidiglik kort die fonds geldelike bydraes om verder by merietegevalle betrokke te raak. Môre (29 Mei) sal die kinders ‘n geleentheid hê om ‘n bydrae tot die fonds te maak. ‘n Silwer muntlegging sal in die saal plaasvind. Elke bydrae word deur ons kinders vir ons kinders aangewend. Noordskool vir lewe !!!
Dear Parents
Support Fund
The Metsimaholo Community Chest appreciates North School’s contributions towards their effort to support our community. Thanks to all parents and friends how whole heartedly support us. Our school is also aware of its own children’s needs. The School Support Team identifies learners in need of help. This team is being funded by the special support fund. This financial contribution pays for professional service needed by these learners. Auditory and visually challenged learners are the two most important areas to be addressed. Tomorrow(29 May) there will be a silver coin laying opportunity at the school for all learners. This will surely help to set funds available for these projects. This is an effort by and for our own children. North School for life!!!
Graad 6- Klas het hul munte op die hartfiguur geplaas.

It is wonderfull to give !!!

Wilene Uys Monique Thompson Lerize Human and Tian Grové

Posted in Briewe / Letters, Liefdadigheid/Charity | Leave a Comment »