Archive for the ‘Noordskool Nuus || North School News’ Category
Posted by chrisbester on May 30, 2009

Tinktinkiedag 2009
Die dag het op ‘n hoë noot afgeskop met die Gr R leerders wat vir die eerste keer netbal en rugby gespeel het. Die koue het geen demper geplaas op hierdie sportsterre se entoesiasme nie. Die 0/7 en 0/8 Mini-netbalspelers en 0/7 Mini-rugbyspelers het die dag geniet en gewys waar hul talente lê.
Die doel van die dag is om die jong spelers d.m.v. vriendskaplike kompetisie aan die sport bloot te stel, die ouers van die spelers beter te leer ken en die spelers se talente te ontwikkel sonder om onnodige druk op hulle te plaas.
Daar was ongeveer 420 netbal- en rugbyspelers van 10 verskillende skole in en rondom Sasolburg. Almal het die dag saam geniet en ‘n gesellige atmosfeer het die dag geheers.




Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, Sport, achievment, school | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on March 24, 2009
Die OOV het besluit om hul energie die jaar 2009 in en rondom Noordskool te gebruik. Die eerste aksie was tuinmaak en rommel wegry en te help dat die skool terrein in ‘n netjiese aanvaarbare toestand is.
Ons dans was ‘n sukses met ‘n wins wat ons teruggeploeg het in die terrein.
Ons volgende aksie is om die badkamers te probeer opgradeer sodat dit gerieflik en netjies vir die kinders van Noordskool sal wees. Daar word vir elke maand ‘n aksie beplan so hou gerus die NSN dop vir verdere nuus. Baie dankie aan elke ouervereniging lid wat hul bydrae gegee het sover.


Posted in Noordskool Nuus || North School News, PTA/OOV, school | Tagged: Education, Happenings, pride | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on March 16, 2009

Ladies’ Evening at North School
North Primary School recently hosted their annual Ladies’ Evening at the school. It proved to be a fascinating combination of music, flowers, good food and sparkling conversation! The ladies dressed up in their prettiest sixties outfits to fit in with the evening’s theme.
The music was preformed by the well loved musical group “The Bats” and the flower arrangement production was presented by the renowned floral artist George Woodley.


Posted in Noordskool Nuus || North School News, teachers | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on March 15, 2009

Front: Joel Mbisha, Dean Haasbroek, Shawn Dean du Plessis, Tebello Thulo
Back: Tebogo Makau, Pieter Christian Coetzer, Enrico Lucas, Jurgie Wessels, Anè McClean

Medal winners at the Free State Athletics Meeting
Joel Mbisha – Bronze 75m hurdles u/12, Pieter Christian Coetzer – Silver high jump u/12, Dean Haasbroek broke the record for high jump boys u/10 and received the Gold medal
Posted in Noordskool Nuus || North School News, Sport, achievment | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on February 16, 2009

Atletiek 2009
Ons atletiek seisoen het reeds in 2008 begin met afrigters wat op ʼn intensiewe kursus gegaan het onder andere Mnr Luan van Staden vir spiesgooi en Mev Christine Harries vir hoogspring.
ʼn Opwindende kleursport byeenkoms is reeds in die tweede week van die jaar afgehandel by die skool wat baie positiewe kommentaar gelewer het.
By die sone byeenkoms neem ± 80 leerlinge aan deel en presteer besonder goed. Teen hierdie tyd van die seisoen is die Noord Vrystaat byeenkoms afgehandel en ons behaal die volgende prestasies: Medaljes
Goud – 4
Silwer – 12
Brons – 1
Twaalf leerlinge dring deur na die Vrystaat byeenkoms wat plaasvind op die 28ste Februarie by die DP de Villiers Stadion en verdien so Noord Vrystaat kleure.

Back: Dean Haasbroek, Pieter Christiaan Coetzer, Hendric Lukas, Jurgie Wessels, Joel Mbisha, Richo van Wyk
Middle: Tebogo Makau, Ané McLean, Mari Mouton, Mantabaleng Mogapi, Thato Makau, Lesego Maile
Front: Thato Thubela, Bokang Potsane, Joviale Mbisha, Tsebo Motaung, Tebello Thulo, Jordan Mbisha

Back: Richo van Wyk, Dean Haasbroek, Pieter Christiaan Coetzer, Hendrico Lukas, Joel Mbisha, Lesego Maile
Front: Thato Thubela, Bokang Potsane, Tebogo Makau, Joviale Mbisha, Tsebo Motaung, Jordan Mbisha
Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, Sport, achievment, school | Tagged: achievement, athletics, atletiek, children, Education, excellence, kinders | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on January 21, 2009
Prefects
Agter v.l.n.r: Suné Blignaut, Miané Neethling (o/hoofdogter), Venessa Human, Hanke le Roux (hoofdogter), Hannah van Dyk
Voor v.l.n.r: Joel Mbisha, Juan Odendaal, Keoratile Sealetsa, George Woodley (o/hoofseun), Kamohelo Hlahane, Kelly Arendse, Ruan Bezuidenhout, Jarrod Dawson (hoofseun), Jaco du Toit
Media Prefects
Back: Kerry-Anne Smith, Bella Nunes, Khauhelo Ngubene, Mari Mouton, Irda Derksen, Annelize Henn, Bethan Perry
Middle: Lerato Khaoue, Thato Makau, Andrea Richards, Arno Coetzee, Rico Schaefer
Front: Khanyisile Mtimkulu, Jessica-Ann Compton, Phepi Khantsi, Makaziwe Msibi
Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, achievment, school | Tagged: achievement, books, Education, excellence, leaders, prefects | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on January 16, 2009


Die nuwe GrR en Gr1 leerders is hartlik verwelkom by Noordskool aan die begin van die jaar. Onderwysers, ouers en hul kinders is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê
New GrR and Gr1 learners were welcomed to the school at the beginning of the year. Teachers, parents and children were eager and ready to start on the leaning journey together!


Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, school | Tagged: children, Education, Graad R, Graad1, kinders | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on December 5, 2008
Oupa Dries Skryf:
Liewe Maats van Noordskool – 5 Desember 2008
Nog ‘n jaar is verby met al sy hoogtepunte en laagtepunte. Vir sommige van julle was dit ‘n top jaar, maar vir ander was dit maar so-so. Julle ouers is baie keer daarop ingestel om ‘n goeie eindresultaat te sien en beoordeel julle, die onderwyser en die skool dikwels daarvolgens. Soms vergeet hulle van al die goggas wat julle terug hou om te leer. Oupa en Ouma weet dis vasbyt en waardeer dat julle sterk gestaan het om van 2008 ‘n sukses te maak. Dis mooi so !!!
As pappa en mamma belangstel in jou prestasies (Ongeag hoe goed dit is) is dit lekker en jy kry moed en die standaard van jou werk verhoog. Onthou (Matthéüs 25:15-28) elkeen woeker met die talente waaroor hy beskik.)
-Hou so aan Pappas en Mammas !!!
Elkeen van julle het sekere vermoëns geërf en ‘n klomp vaardighede aangeleer. Hiermee moet jy die lewe daarbuite aandurf. Soms ontvang jy ‘n hupstootjie en soms ‘n terugslag, maar die tyd stap aan en so jou grootwordproses.
Graad sewes, Nou is julle die GROOT kinders in die skool. Surprise, surprise! Volgende jaar begin julle weer voor as die kleintjies in die Hoërskool. Julle het nou al genoeg oefeninge gehad om voor te begin. Doen dit met waardigheid en vasberadenheid. Wys hulle van watter stoffasie Noordskool se kinders gemaak is. Werk hard en jy sal beloon word. Moet nooit vergeet waar jy vandaan kom nie!!
Sterkte met die Nuwe Jaar!
Oupa Dries




Posted in Briewe / Letters, Education, Noordskool Nuus || North School News | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on December 4, 2008
North School Cares
North School Cares as a concept began in 2004. In the last half of this year we targeted six organizations. Through your generosity we have brought a measure of relief and joy to other peoples’ lives.
Thank you!
“We make a living by what we get but we make a life of what we give”

Posted in Education, Liefdadigheid/Charity, Noordskool Nuus || North School News | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on November 30, 2008

The CSA Fun Day
The CSA’s fun day took place at the school Saturday 15 November. Approximately 50 children took part in the activities. There were “Rainbow Inflatable” slides and an obstacle course with the children racing against each other in two teams. They sang songs and played musical games.
We would like to encourage more learners to come and take part in the fun activities next year.
Die CSV Pretdag
Die CSV se pretdag het op Saterdag, 15 November by Noordskool plaasgevind. Ongeveer 50 leerlinge het die pretdag bygewoon.
Daar was “Rainbow Inflatable” glybane en‘n hindernisbaan waar twee spanne teen mekaar meegeding het.
Ons het ook liedjies gesing en aan musiekaktiwiteite deelgeneem.
Ons sal graag aanstaande jaar nog meer leerders wil aanmoedig om saam met ons in die pret te kom deel.


Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on November 12, 2008

Skoolhoof se Toespraak
Principal’s Speech
Leerdersdag 2008
Goeie Naand Dames en Here
Good Evening Ladies and Gentlemen
Twaalf maande is reeds verby nadat ons die skool se 50 jarige verjaarsdag op 3 November verlede jaar gevier het. Die 373 slapies het gevlieg en Klaasvakie het hard gewerk. So moes die beskermengele hulle vlerke wyd sprei om hier en daar te keer dat alles goed gebeur . Onder die vlerke van die engele het onderwysers en ouers rond beweeg om kinders te verseker van voedingsvreug. Dankie aan ons hemelse Heer vir krag, verstand en geleenthede.
With a motto of Nulli Secundus we worked and played. From excellent chess moves and sprints to gold – together we showed our passion to this beautiful world. The battle with stick and ball was our Nulli Secundus call never in vain. With computer, word and projector show – teachers took up the knowledge bow. This morning the children’s prestige arrows hit the stage front row. We appreciate your performance, your success story. It’s good – because for your future we do always stand. One day you will see that it is so true – that North School rules.
My kind – Bewaar jou sertifikaat, bewaar jou kennis , jou waagmoed en jou durf. Eendag sal jy weet al het jy die som van twee en twee vergeet – om ‘n Norrie te wees – vee weg die toekoms se vrees. Aan julle by die huis wat ontwikkelings groei waarneem, dit aanmoedig en self soms huiswerk pleeg - ons as onderwysers sien dit vinnig raak. Ja, dit is wat die groot verskil maak!! Die appeloog is skerp – mamma, pappa hoe lyk jou teenwoordigheids- en ondersteuningsmerk. Nulli Secundus – Nooit te laat sommige het lankal begin – party gaan so voort – onthou die toekoms sal aan julle behoort. Die stof en storms van nou word opgevang in suiwer water en dou. Dis ons grootmense se werk om te leer filtreer die goed van die kwaad. As my en jou filterstrike so verskil kan ons die kind se vonkel dou verspil. Dankie aan onderwysers, ouers en kinders – vir saam staan en bou.
My juffrou is tog so slim. Pappa en mamma weet tog so min. Maar van koekbak, gou-gou ietsie gee, uit die beursie haal , nog ‘n twee rand vir gewone klere betaal, is hul teen goed gestaal. Al praat hul soms by vra ‘n vreemde taal. Aan ouers en gewers my dank. Sonder die bydrae sou Noordskool sit met vier kinders in ‘n skoolbank. ‘n Skool met klein klassies, wat twee parallele onderrigtale aanbied is skaars te sien. Net ouers soos julle wat dit vir jul kinders verdien! Vandag is jou dag – Wag dat ek ophou praat ek kan sien julle word al kwaad. Geseënde kersfees en sake vol persente.
Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News | Tagged: achievement, children, Education, excellence, school principal | Leave a Comment »