Posted by chrisbester on May 30, 2009

Tinktinkiedag 2009
Die dag het op ‘n hoë noot afgeskop met die Gr R leerders wat vir die eerste keer netbal en rugby gespeel het. Die koue het geen demper geplaas op hierdie sportsterre se entoesiasme nie. Die 0/7 en 0/8 Mini-netbalspelers en 0/7 Mini-rugbyspelers het die dag geniet en gewys waar hul talente lê.
Die doel van die dag is om die jong spelers d.m.v. vriendskaplike kompetisie aan die sport bloot te stel, die ouers van die spelers beter te leer ken en die spelers se talente te ontwikkel sonder om onnodige druk op hulle te plaas.
Daar was ongeveer 420 netbal- en rugbyspelers van 10 verskillende skole in en rondom Sasolburg. Almal het die dag saam geniet en ‘n gesellige atmosfeer het die dag geheers.




Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, Sport, achievment, school | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on March 24, 2009
Die OOV het besluit om hul energie die jaar 2009 in en rondom Noordskool te gebruik. Die eerste aksie was tuinmaak en rommel wegry en te help dat die skool terrein in ‘n netjiese aanvaarbare toestand is.
Ons dans was ‘n sukses met ‘n wins wat ons teruggeploeg het in die terrein.
Ons volgende aksie is om die badkamers te probeer opgradeer sodat dit gerieflik en netjies vir die kinders van Noordskool sal wees. Daar word vir elke maand ‘n aksie beplan so hou gerus die NSN dop vir verdere nuus. Baie dankie aan elke ouervereniging lid wat hul bydrae gegee het sover.


Posted in Noordskool Nuus || North School News, PTA/OOV, school | Tagged: Education, Happenings, pride | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on February 16, 2009

Atletiek 2009
Ons atletiek seisoen het reeds in 2008 begin met afrigters wat op ʼn intensiewe kursus gegaan het onder andere Mnr Luan van Staden vir spiesgooi en Mev Christine Harries vir hoogspring.
ʼn Opwindende kleursport byeenkoms is reeds in die tweede week van die jaar afgehandel by die skool wat baie positiewe kommentaar gelewer het.
By die sone byeenkoms neem ± 80 leerlinge aan deel en presteer besonder goed. Teen hierdie tyd van die seisoen is die Noord Vrystaat byeenkoms afgehandel en ons behaal die volgende prestasies: Medaljes
Goud – 4
Silwer – 12
Brons – 1
Twaalf leerlinge dring deur na die Vrystaat byeenkoms wat plaasvind op die 28ste Februarie by die DP de Villiers Stadion en verdien so Noord Vrystaat kleure.

Back: Dean Haasbroek, Pieter Christiaan Coetzer, Hendric Lukas, Jurgie Wessels, Joel Mbisha, Richo van Wyk
Middle: Tebogo Makau, Ané McLean, Mari Mouton, Mantabaleng Mogapi, Thato Makau, Lesego Maile
Front: Thato Thubela, Bokang Potsane, Joviale Mbisha, Tsebo Motaung, Tebello Thulo, Jordan Mbisha

Back: Richo van Wyk, Dean Haasbroek, Pieter Christiaan Coetzer, Hendrico Lukas, Joel Mbisha, Lesego Maile
Front: Thato Thubela, Bokang Potsane, Tebogo Makau, Joviale Mbisha, Tsebo Motaung, Jordan Mbisha
Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, Sport, achievment, school | Tagged: achievement, athletics, atletiek, children, Education, excellence, kinders | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on January 21, 2009
Prefects
Agter v.l.n.r: Suné Blignaut, Miané Neethling (o/hoofdogter), Venessa Human, Hanke le Roux (hoofdogter), Hannah van Dyk
Voor v.l.n.r: Joel Mbisha, Juan Odendaal, Keoratile Sealetsa, George Woodley (o/hoofseun), Kamohelo Hlahane, Kelly Arendse, Ruan Bezuidenhout, Jarrod Dawson (hoofseun), Jaco du Toit
Media Prefects
Back: Kerry-Anne Smith, Bella Nunes, Khauhelo Ngubene, Mari Mouton, Irda Derksen, Annelize Henn, Bethan Perry
Middle: Lerato Khaoue, Thato Makau, Andrea Richards, Arno Coetzee, Rico Schaefer
Front: Khanyisile Mtimkulu, Jessica-Ann Compton, Phepi Khantsi, Makaziwe Msibi
Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, achievment, school | Tagged: achievement, books, Education, excellence, leaders, prefects | Leave a Comment »
Posted by chrisbester on January 16, 2009


Die nuwe GrR en Gr1 leerders is hartlik verwelkom by Noordskool aan die begin van die jaar. Onderwysers, ouers en hul kinders is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê
New GrR and Gr1 learners were welcomed to the school at the beginning of the year. Teachers, parents and children were eager and ready to start on the leaning journey together!


Posted in Education, Noordskool Nuus || North School News, school | Tagged: children, Education, Graad R, Graad1, kinders | Leave a Comment »