Noordskool || North School

The official blog of North School in Sasolburg

KULTUURDAG

Posted by chrisbester on August 17, 2008

 KULTUURDAG

Die Graad 5 leerders behandel elke jaar die Suid-Afrikaanse Reënboogerfenis in Sosiale Wetenskappe. Daar word geleer van erfenis en tradisie, verskillende erfenisterreine in SA, tradisionele gebruike en stories en plekname wat van ons erfenis vertel.

Dit is noodsaaklik dat ons mekaar se erfenis, tradisies en gebruike respekteer, maar om dit te doen, moet ons van mekaar leer.

Elke jaar in Augustus het die Graad 5 leerders ʼn kultuurweek, waar hulle die geleentheid kry om ʼn aspek van kultuur te kom demonstreer. Hulle trek graag aan volgens die kultuur, sommige leerders bring selfs tradisionele kos saam en dan word daar lekker gekuier rondom ʼn potjie pap-en-marog, of melktert, of matzo broodjies en selfs Franse brood!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: