Noordskool || North School

The official blog of North School in Sasolburg

SKOOLHOOF SE TOESPRAAK

Posted by chrisbester on November 12, 2008

c-bester leerdersdag

Skoolhoof se Toespraak

Principal’s Speech

Leerdersdag 2008

Goeie Naand  Dames en Here

Good Evening Ladies and Gentlemen

 

Twaalf  maande is reeds verby nadat ons die skool se 50 jarige  verjaarsdag op 3 November verlede jaar gevier het.  Die 373 slapies het gevlieg en Klaasvakie het hard gewerk.  So moes die beskermengele hulle vlerke wyd sprei om hier en daar  te keer dat alles goed gebeur .  Onder die vlerke van die engele het onderwysers  en ouers rond beweeg om kinders te verseker van voedingsvreug.  Dankie aan ons hemelse Heer vir krag, verstand en geleenthede.

 

With a motto of Nulli Secundus we worked and played. From excellent chess moves and sprints to gold – together we showed our passion to this beautiful world. The battle with stick and ball was our Nulli Secundus call never in vain.  With computer, word and projector show – teachers took up the knowledge bow.    This morning the children’s prestige arrows hit the stage front row. We appreciate your performance, your success story.  It’s good – because for your future we do always stand. One day you will see that it is so true – that North School rules.

 

My kind – Bewaar jou sertifikaat, bewaar jou kennis , jou waagmoed  en jou durf.  Eendag  sal jy weet al het jy die som van twee en twee vergeet – om ‘n Norrie te wees – vee weg die toekoms se  vrees. Aan julle by die huis  wat ontwikkelings groei  waarneem,  dit aanmoedig  en self soms  huiswerk pleeg  – ons as onderwysers sien dit vinnig raak.  Ja, dit is wat die groot verskil maak!! Die appeloog  is skerp – mamma, pappa hoe lyk jou teenwoordigheids- en ondersteuningsmerk.  Nulli Secundus – Nooit te laat sommige het lankal begin – party gaan so voort – onthou die toekoms sal aan  julle behoort.  Die stof en storms van nou word opgevang in suiwer water en dou.  Dis ons grootmense se werk om te leer filtreer die goed van die kwaad. As my en jou filterstrike so verskil kan ons die kind se vonkel dou verspil. Dankie aan onderwysers, ouers  en kinders – vir saam staan en bou.

My juffrou is tog so slim. Pappa en mamma weet tog so min. Maar van koekbak, gou-gou ietsie gee, uit die beursie haal , nog ‘n twee rand vir gewone klere betaal, is hul teen goed gestaal. Al praat hul soms by vra ‘n vreemde taal.  Aan ouers en gewers my dank. Sonder die bydrae sou Noordskool sit met vier kinders in ‘n skoolbank. ‘n Skool met klein klassies,  wat twee parallele onderrigtale aanbied is skaars te sien. Net ouers soos julle wat dit vir jul kinders verdien! Vandag is jou dag – Wag dat  ek ophou praat ek kan sien julle word al kwaad.  Geseënde kersfees en sake vol persente.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: