Noordskool || North School

The official blog of North School in Sasolburg

SASOLBURG-KLINIEK METAMORFOSE

Posted by chrisbester on November 30, 2008

kliniek

(Foto – Sasolburg STER)

Danksy Noordskool het Saoslburg-kliniek ‘n metamorfose ondergaan.

Verskeie instansies, Noordskool en die gemeenskap het ‘n bydrae gelewer tot die verandering van Sasolburg-kliniek by die Metsimaholo-munisipaliteit se burgersentrum.

Die ouer- onderwyservereniging van Noordskool het ‘n gemeenskapsprojek begin en het op dié kliniek besluit.

Hierdie kliniek behoort aan die staat.  Daar was ‘n besliste behoefte vir ekstra mediese toerusting, omdat ‘n gemiddeld van 2 500 pasiënte hier mediese hulp ontvang.

Toerusting soos voetskale, stetoskope en bloeddrukmeters is aangekoop.  Gedurende hierdie tydperk is nuwe gordyne vir elke vertrek aangeskaf.  Die mure is ook uitgeverf, nuwe leêrs is aangekoop en oorgetrek en die kliniek se liaseerstelsel is opgegradeer.

Die ouervereniging het die kliniek skoongemaak, reggepak en nuwe linne aangekoop.  Die doel van hierdie projek is om ‘n netjiese, ontspanne atmosfeer vir die siek pasiënte in die wagkamer te skep, en sodat die personeel trots kan wees op die kliniek.

Noordskool bedank elke instansie en elke individu wat ‘n veskil gemaak het.

ClinicFiles

 

ClinicElsabe

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: